Walvisse se mikrofoon vermis
Die Namibiese Dolfynprojek versoek die hulp van die publiek om ‘n verlore wetenskaplike opname-toestel op te spoor wat laas op ‘n vasmeerplek in Donkiebaai gesien is. Donkiebaai is net buite Walvisbaai op pad uit na Pelican Point. Die toestel het op see verlore geraak of het dalk aan ‘n verbygaande vaartuig vasgehaak. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Simon Elwen, die direkteur van die projek, gesels wat die toerusting beskryf en hoe die publiek hom in die hande kan kry.