Wes-Kaap het laagste werkloosheidsyfers
Die Wes-Kaapse LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, Mireille Wenger, sê die provinsie het steeds die laagste amptelike werkloosheidsyfers in Suid-Afrika, en skep ook meer werk as enige ander provinsie. Die jongste Kwartaallikse Arbeidsmag-opname toon dat 368 000 werksgeleenthede tussen die tweede kwartaal van verlede jaar en die tweede kwartaal van vanjaar in die Wes-Kaap geskep is. Wenger sê dit is ‘n jaar-tot-jaar toename van 15,7 persent vir werkende mense.