Ekonoom maan steeds teen olievloek

‘n Ekonoom van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Robin Sherbourne, waarsku steeds teen die olievloek. Hy het die Namibiese regering gemaan dat die olie-ontdekkings ekonomiese implikasies vir die land kan inhou as dit nie reg bestuur word nie. Sherbourne het by die Namibiese Olie- en Gaskonferensie gepraat wat vandag en môre in Windhoek plaasvind.