IVP sê Suid-Afrika word ‘n mislukte staat
Die leier van die Inkatha Vryheidsparty, Velenkosini Hlabisa, sê Suid-Afrika is op die punt om ‘n mislukte staat te word, en geskiedkundige optrede soos dié week se nasionale konvensie is noodsaaklik. Die leiers van die IVP, die DA, die Vryheidsfront Plus, ActionSA, die United Independent Movement en die Spektrum Nasionale Party het die media ingelig oor hulle verwagtinge van die konvensie, wat daarop gemik is om die ANC volgende jaar te ontsetel. Hlabisa sê die IVP neem deel omdat hy glo daar is nog hoop vir die land en sy mense.