Sokker: Engeland en Spanje in eindstryd
Sokker: Engeland speel Sondag teen Spanje in die eindstryd van die Wêreldbeker vir Vroue in Sydney, Australië. Engeland het Australië vandag in die tweede halfeindstryd 3-1 verslaan. Ella Toone het Engeland se eerste doel in die 36ste minuut aangeteken en Sam Kerr het in die 63ste minuut die gelykmaker vir die mede-gasvroue behaal. Lauren Hemp en Alessia Russo het egter daarna doele aangeteken om die wedstryd buite Australië se bereik te plaas. Spanje het Swede Dinsdag 2-1 verslaan in die eerste halfeindstryd. Swede en Australië speel Saterdag in Brisbane om die bronsmedalje.