Reaksie op reuse-verhogings vir plaaslike owerheidsraadslede

Die toegelate verhogings van raadslede in plaaslike owerhede van tussen 15 en 25 persent bly in die nuus. Intussen het die vereniging vir werknemers in die owerhede, Alan, aangedui dat hy vir 50 persent volgende jaar sal vra, blykbaar omdat raadslede swaar kry. Maar waar is dienslewering en hoe moet die inwoners vir verhogings bekostig? Frederico Links, navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.