China hou werkloosheidsyfers terug, blykbaar te hoog

Die Chinese regering sal nie meer jeugwerkloosheidstatistieke bekend maak nie, na die syfers maandeliks ‘n rekord tref, met 21,3 persent van jongmense wat in Junie werkloos was. Die data vir Julie is die week verwag maar die land se buro vir statistiek sê hy sal nie meer sulke syfers bekend maak nie. Kommentators meen dat Beijing die omvang van die probleem geheim wil hou.