Venaani weet nie van alles wat reeds gedoen is vir SME’s nie
McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie, die PDM, is baie bekommerd oor die gebrek aan toegang tot noodsaaklike befondsing en mentorskap-hulpbronne vir klein en medium ondernemings in landelike gebiede van Namibië. Hy sê dié ondernemings speel ‘n deurslaggewende rol om ekonomiese groei te dryf, werksgeleenthede te skep en plaaslike ontwikkeling te bevorder. Volgens die PDM moet die regering fondse daarstel wat bekostigbare finansierings-opsies vir landelike ondernemings bied, insluitend lae-rente lenings en toelaes, om hulle in staat te stel om in infrastruktuur, tegnologie en menslike hulpbronne te belê. Die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en hy sê baie is in dié verband in al 14 streke gedoen…