Lauren Dickason skuldig op 3 klagte van moord

Die Suid-Afrikaanse dokter Lauren Dickason is in die hooggeregshof in Christchurch, Nieu-Seeland, skuldig bevind aan moord. Dickason is van moord aangekla nadat sy haar drie dogters, Liané, 6, en die 2-jarige tweeling Maya en Karla op 16 September 2021 verwurg en versmoor het terwyl haar man saam met kollegas uit was. Sy het skuld ontken op die aanklagte. Media in Nieu-Seeland berig dat sy op al drie klagtes van moord skuldig bevind is. Regter Cameron Mander het lede van die jurie bedank vir hul diens. Hy sê die verhoor was moeilik en uitmergelend en dat dit ontstellende getuienis behels het wat waarskynlik ‘n tol op elke jurielid geëis het. Sommige jurielede het volgens berigte gehuil toe hulle die hof verlaat het.