Stigter van Black Child Billionaire vir vier jaar tjoekie toe
Die stigter van Black Child Billionaire is tot vier jaar tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is, weens bedrog, die oortreding van die Bankwet, die oortreding van die Wet op Finansiële Advies- en Tussenganger-dienste en geldwassery in die handelsmisdaadhof in Bethlehem. Neo Patrick Makhokolo en sy medestigter, Lebohang Ernest Maboea, het verskeie inwoners van Phuthaditjhaba bedrieg nadat hulle die inwoners oortuig het om te belê met ‘n belofte van rente teen tussen 25 persent en 100 persent per maand. Maboea het op die vlug geslaan nadat hy op borgtog vrygelaat is en het nie in die hof verskyn nie.