Lastersaak tussen adjunkminister van finansies en Job tot Woensdag uitgestel
Die lastersaak tussen die adjunkminister van finansies Maureen Hinda-Mbuende teen AR-aktivis Job Amupanda is tot Woensdagmiddag uitgestel wanneer hulle weer voor regter Collins Parker in die Windhoekse hoërhof sal verskyn. Beide partye se regsverteenwoordigers, Anne Doris Hans-Kaumbi vir die adjunkminister, en Kadhila Amoomo vir Amupanda, het vandag dokumente in die hof ingedien. Hinda-Mbuende dagvaar Amupanda vir ‘n miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding na hy op 28 Julie 2021 ‘n plasing oor haar op sosiale media gemaak het. Hinda-Mbuende het getuig dat sy sal bewys dat Amupanda se plasings bedoel was om haar te belaster en dat hy daarna geen berou getoon het nie.