Noodtoestand in Florida

Die goewerneur van Florida, Ron DeSantis, het ‘n noodtoestand afgekondig na die ineentstorting van die Champlain Towers in Surfside, Florida. Die uitvoerende bevel sal hulp van die federale regering verseker terwyl die staat met die soek- en reddingsproses voortgaan. Volgens berigte is minstens een persoon dood en word 99 nog vermis. Nagenoeg 55 van die 130 wooneenhede is geraak. DeSantis het tydens ‘n besoek aan die toneel gesê dit is ‘n tragiese situasie: