Dis hoekom jou internet-verbinding so haaks is…

As jou koerasies saans hoogloop met stadige internet – hier is die rede. Die Wes-Afrika-kabelstelsel, bekend as WACS, en die Suid-Atlantiese Oseaan 3, SAT–3, ondersese kabels is beskadig, wat internetverbinding reeds sedert 6 Augustus beïnvloed. Die breuk word glo deur rotsstortings in die Kongo-canyon veroorsaak. Dit is die tweede keer sedert net voor die pandemie dat dit plaasvind. Daar word verwag dat die herstel stadig sal wees aangesien die vaartuig wat verantwoordelik is daarvoor in Kenia is en waarskynlik eers op 22 Augustus aan die werk sal kan begin. Die grootste onderbrekings kom volgens berigte tussen ses-uur namiddag en tien-uur saans voor.