DA wil klag teen vervoerminister maak

Die DA sê hy gaan by die gesamentlike parlementêre portefeuljekomitee vir Etiek en Ledebelange ‘n klag indien teen die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga. ‘n DA-woordvoerder, Chris Hunsinger, sê tydens die hoogtepunt van die taxistaking in die Wes Kaap, het die minister openlik die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad se kant gekies. Hy sê Chikunga se oproep dat die geskutte taxi’s onmiddellik vrygestel word, was onverantwoordelik en kom neer op ‘n duidelike skending van die Parlement se Kode vir Etiese Gedrag en Openbaarmaking van Ledebelange: