Rusland vuur skote af op vragskip on Swartsee
‘n Russiese oorlogskip het waarskuwingskote afgevuur op ‘n vragskip in die Swartsee wat volgens Moskou op pad was na Oekraïne. Dis die eerste keer dat Rusland op vragskepe buite Kiëf skiet sedert hy onttrek het aan die graanooreenkoms, wat Oekraïne toelaat om sy graan oor die Swartsee te vervoer. Moskou sê die waarskuwingskote is gevuur nadat die vragskip versuim het om gehoor te gee aan ‘n versoek om te stop sodat ‘n inspeksie uitgevoer kan word. Rusland het gewaarsku enige skepe op pad na Kiëf sal hanteer word asof hulle moontlik wapens aan boord het.