Wêreldbeker: Bokke vetrek vandag

Springbok-aanhangers kan vandag vanaf 12-uur van hulle span afskeid neem wanneer hulle uit Suid-Afrika vertrek onderweg na die Wêreldbekertoernooi in Frankryk. Die groep vertrek vanmiddag vanaf die OR Tambo-lughawe in Gauteng na ‘n sterbelaaide afskeidskonsert met kunstenaars soos PJ Powers, wat die Wêreldbeker-temalied gesing het toe Suid-Afrika die toernooi in 1995 aangebied het. Die Bokke sal in Brittanje opwarmingswedstryde teen Wallis en die All Blacks speel voor hulle op 10 September in Marseille teen Skotland begin met die verdediging van hulle titel.