Dis Wêreld-olifantdag, ons herdenk die grotes

Namibië sluit vandag by die res van die wêreld aan om Wêreld-olifantdag te herdenk. Wêreld-olifantdag is vir die eerste keer op 12 Augustus 2012 gevier. Namibië staar reuse-uitdagings met mens-olifant-konflik in die gesig met boere en gemeenskappe wat deurloop met hul gewasse en infrastruktuur wat deur grootvoete beskadig word. Olifante, veral die woestyn-aangepaste olifante is, ‘n groot trekpleister vir toeriste. Dr. Betsy Fox van Elephant-Human Relations Aid, ‘n organisasie wat konflik tussen olifante en mense bemiddel, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…