Onderwysers in Mpumalanga word nie betaal nie
Die DA in Mpumalanga sê hy is bekommerd omdat die Openbare Beskermer moes ingryp om tydelike onderwysers te betaal. Die departement sê tydens ‘n onlangse oorsigbesoek aan die Lamulelani High School is bevind ses tydelike onderwysers is meer as ‘n jaar lank nie betaal nie. ‘n DA-lid, Jane Sithole, sê die departement het net vier maande se salaris in plaas van die 12 maande wat verskuldig is betaal nadat die Openbare Beskermer ingetree het: