Namibië se onderwysers is jonger, geen kommer oor aftrede, tekorte nie

Die Namibiese onderwysministerie het sy reaksie gegee op kommer oor ‘n gebrek aan ervare onderwysers. In die buurland word daar beaam dat planne gemaak moet word om die gevolge van die tekort aan geskoolde en ervare onderwysers te vermy. Dit volg op ʼn onlangse studie deur die Universiteit Stellenbosch wat bevind het dat 49 persent van die onderwysers wat by Suid-Afrikaanse staatskole werksaam is, ouer as 50 is. Die adjunk-uitvoerende direkteur in die Namibiese onderwysministerie, Edda Bohn het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die meerderheid onderwysers is jonk.