Owen Farrell lei Engeland môre teen Wallis
Owen Farrell keer more terug as kaptein van Engeland vir die Wêreldbeker-opwarmingswedstryd teen Wallis in Londen. Die losskakel is een van 11 veranderings aan die span na verlede naweek se nederlaag van 20-9 teen Wallis in Cardiff. Billy Vunipola kry sy eerste geleentheid in die nommer 8-trui dié seisoen nadat hy weens swak spelpeil nie in die Sesnasies-reeks gespeel het nie. Afrigter Steve Borthwick sê hulle sien daarna uit om voor hulle ondersteuners op Twickenham te speel voor hulle na Frankryk vertrek vir die Wêreldbekertoernooi.