AfriForum behaal sukses met plaasaanvalle deur sy buurtwagte
Plaasaanvalle het die afgelope tyd kommer plaaslik gewek maar in Suid-Afrika bly dit ‘n daadwerklike probleem. AfriForum vra Suid-Afrikaners om by sy veiligheid-strukture aan te sluit en wys op die landwye en tussen-provinsiale doeltreffendheid van sy netwerk. Dit volg nadat die organisasie se buurtwag vier vermeende plaasaanvallers aangekeer en goedere herwin het wat vroeër die week tydens ‘n aanval by Brits in Noordwes gebuit is. Jacques Broodryk van AfriForum sê gesteelde vuurwapens is teruggevind en die gesteelde voertuig is in Pretoria-Wes opgespoor: