Twee Gauteng-spoedvrate jaag hulle binne in die hof in
Twee mans wat weens uitermatige hoё spoed op die N1 in hegtenis geneem is, verskyn vandag in die landdroshof op Midrand in Gauteng. Die provinsiale woordvoerder van die verkeerspolisie, Sello Maremane, sê ʼn 26-jarige spoedvraat is in Sandton betrap toe hy teen 275 kilometer per uur met ‘n blou BMW M3 Coupé in ‘n sone van 120-kilometer-per-uur gejaag het. Hy sê ‘n 23-jarige spoedvraat is vasgetrek toe hy ‘n wit Mercedes Benz teen 222-kilometer-per-uur in Midrand bestuur het: