Niger kry eerste interne weerstand teen staatsgreep
‘n Voormalige rebelleleier en politikus in Niger het ‘n beweging geloods wat die junta en die staatsgreep teenstaan. Dit is die eerste teken van interne weerstand teen die weermagleiers. Rhissa Ag Boula het vanoggend in ‘n verklaring gesê sy nuwe Raad van Weerstand vir die Republiek het ten doel om die afgesette President Mohamed Bazoum, wat sedert die oorname in aanhouding by sy woning is, te herstel. Hy sê Niger is die slagoffer van ’n tragedie wat georkestreer is deur mense wat daarvan aangekla is om dit te beskerm.