Uhm, Facebook is blykbaar goed vir jou geestesgesondheid
Navorsers aan die Universiteit van Oxford het bevind daar is geen bewyse dat die gebruik van Facebook nadelig is vir welstand nie. Dit studie het oor ‘n tydperk van 12 jaar die inligting van byna ‘n miljoen mense in 72 lande ontleed, om meer te verstaan oor die uitwerking van Facebook op geestesgesondheid. Die navorsers sê nadat hulle die beste beskikbare data noukeurig bestudeer het, en daar is bevind Facebook hou moontlik verband met ‘n positiewe gemoedstoestand. Die navorsing het Facebook-data sedert 2008, toe die platform in sy vroeë stadium was, tot 2019 bestudeer.