Outa sê NSFAS se tendertoekenning is onreëlmatig

Die Organisasie teen Belastingmisbruik in Suid-Afrika beweer die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente se tendertoekennings vir regstreekse betalings, is onreëlmatig. Die nuwe stelsel ervaar verskeie probleme, met studente wat daaroor beswaar maak. Die stelsel is in Junie bekendgestel, ten spyte van kommer daaroor. Volgens Outa het die skema ondernemings sonder banklisensies gehuur en studente is hoër fooie gevra. Outa se woordvoerder, Rudie Heyneke, glo daar is doeltreffender maniere om studentetoelaes te betaal: