Netbal: Proteas-afrigter vra ontwikkeling van jong spelers

Netbal: Die Proteas se hoofafrigter, Norma Plummer, vra Netbal Suid-Afrika om steeds jong nasionale spelers te ontwikkel. Die land het sesde geëindig in die Wêreldbekertoernooi in Kaapstad nadat hulle met slegs twee doele teen die She Cranes van Uganda verloor het nadat hulle hul vroeër in die toernooi geklop het. Plummer sê haar span sou graag beter wou eindig, maar het te veel kanse verspeel. Die Australiese afrigter sê die beheerliggaam moet steeds jong, nuwe spelers ontwikkel om ʼn balans te vestig met die gevestigde spelers in die span.