Omstrede beleggingswet blykbaar beleggersvriendelik – minister
Konsultasies in verband met Namibië se jongste beleggings-wetsontwerp is op die oomblik in die hoofstad by Nipam aan die gang. Die handelsminister, Lucia Iipumbu sê die nuwe beleggingsbeleid sal ‘n bevorderlike sake-omgewing in Namibië skep om ten volle voordeel te trek in verband met hernubare energieë, om sodoende die ekonomie te laat herleef. Sy het ook melding gemaak van die wetgewing wat volgens haar die vereiste beleggersvriendelike infrastruktuur bevorder. Maar, die wetgewing gee amper onbeperkte magte aan die minister, selfs om vennote voor te skryf en die sektore waarin beleggers kan belê voor te skryf. Daar is nog talle hoogs kommerwekkende bepalings van die wetgewing. Die is die derde wetsontwerp wat ten duurste opgetrek is en tog is die 1990-raamwerk steeds van krag.