Maree se verhoor het vanoggend begin
Die verhoor van die vermeende pedofiel en voormalige polisieman Johann Maree begin vanoggend in die hoërhof voor regter Philanda Christiaan. Hy staar 75 kriminele aanklagte in die gesig. Maree is in 2020 in hegtenis geneem op klagte dat hy agt minderjarige seuns tussen 2016 en 2020 verkrag en onsedelik aangerand het. Onder die 75 klagtes is daar 24 van verkragting, tien van die vervaardiging van kinderpornografie, 18 van mensehandel en 13 van drank aan minderjariges verskaf. Hy het destyds in die hof gesê hy is ‘n privaatspeurder en fotograaf en dat hy ‘n modelagentskap vir seuns bedryf.