Swakop-tronkvoëls se vryheid van korte duur
Die Namibiese polisie op Swakopmund het die twee gevangenes, die 20-jarige vermeende verkragter, Ralph Uiseb en 31-jarige vermeende dief, Michael Goeieman, wat ontsnap het uit die aanhoudingselle by die Swakopmund-polisiestasie, vasgetrek. Die twee is in die DRK-informele nedersetting op Swakopmund weer in hegtenis geneem. Die polisie het tot dusver sake van ontsnapping uit wettige aanhouding teen hulle geopen. Na bewering het die verdagtes die venster van die kombuis in die selle se gang verwyder, deur die venster ontsnap, oor die muur van die agterplaas gespring. Kosmos 94.1 Nuus het met sersant Anastasia Frans gesels oor die jongste.