Japan kom vry na minerale, groenwaterstof
Die Japannese minister van ekonomie, handel en nywerheid, Yasutoshi Nishimura, het vir die eerste keer op ‘n amptelike besoek in Namibië aagekom. Nishimura sal ‘n hoflikheidsbesoek aan President Hage Geingob vandag by Staatshuis doen. Die handelsminister Lucia Iipumbu en minister van myne en energie Tom Alweendo sal ook aan die bilaterale ekonomiese besprekings deelneem, insluitend oor minerale en die groenwaterstof-sektor. Nishimura se besoek duur tot môre en hy sal daarna ook Angola, Zambië, die Demokratiese Republiek van die Kongo en Madagaskar besoek.