Brandstofsmokkelary in Noorde bly ‘n tameletjie
Ondanks die opheffing van brandstof-subsidies in Angola en onveranderde brandstofpryse in Namibië, is daar geen einde aan die smokkel van onwettige brandstof uit Angola nie. Vulstasie-eienaars in die Noorde is gefrustreerd en kwaad oor die gebrek aan beheer by die grens tussen Namibië en Angola. Die opheffing van brandstofsubsidies in die buurland het nie juis ‘n noemenswaardige duik in plaaslike smokkelary gemaak nie. William Shilamba, bestuurder by die Okatana-winkelsentrum en -diensstasie op Ondangwa, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die kwessie bly ‘n groot uitdaging…