Sokker: SA sportminister loof Banyana

Sokker: Die Suid-Afrikaanse minister van sport, kuns en kultuur, Zizi Kodwa, sê hy is trots op die vertoning van Banyana Banyana by die Vroue Wêreldbeker-kampioenskap. Kodwa se woordvoerder, Litha Mpondwana, sê ondanks Banyana se 2-0 nederlaag in Sidney vroeër vandag in die ronde-16 teen Nederland, wat baie hoër op die ranglys is, het die nasionale span die land met hulle prestasies geïnspireer en die moraal gelig.