Guinas-tussenverkiesing op koers, sê ECNJanuary 12, 2025

Die Verkiesingskommissie van Namibië sê voorbereidings vir die komende Guinas-kiesafdeling-tussenverkiesing in die Oshikoto-streek is op koers. Die tussenverkiesing, wat vir 17 Januarie geskeduleer is, is genoodsaak deur die dood van raadslid Elias Marthinu op 21 Oktober verlede jaar. Die broers Fransiscus Khumub van die LPM en Moses Khumub van Swapo is die enigste kandidate. Die stembriewe word in Windhoek gedruk, na die verifikasie en aftekening van voorbeeldstembriewe deur gemagtigde verteenwoordigers van die twee politieke partye.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *