Napha takel hul uitdagings strategies
Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, ervaar talle uitdagings met die verbod op die invoer van jagtrofeë in verskeie lande. Napha werk nou saam met die Internasionale Raad vir Wild- en Natuurlewebewaring. Daar was ‘n poging in Pole om die invoer van jagtrofeë te stop, maar danksy pogings het die regerende party besluit om met die geraakte gemeenskappe te vergader voordat ‘n besluit geneem word. Die president van Napha, Axel Cramer sê dit is ‘n bewys dat die stemme van jagverenigings soos Napha saak maak. Sukses is behaal om op te staan teen ‘n verbod op advertering en verkoop van jagsafari’s by die Augsburg-handelskou in Duitsland. Ander uitdagings is België en Frankryk wat dit ook oorweeg om die invoer van jagtrofeë te stop, maar die Finse regering neig om sekere trofeë nie meer te verbied nie.