Man vasgetrek met dwelms van N$94 000
‘n Namibiese man sal Maandag in die Otjiwarongo-landdroshof verskyn in verband met dwelmklagte. Die 37-jarige verdagte is in ‘n taxi by die T-aansluiting van die pad tussen Otjiwarongo, Kalkfeld en Outjo deur die polisie van die Otjozondupa-streek deursoek toe hy op pad was na Outjo. Hy is in hegtenis geneem nadat dagga van 1,879 kilogram en 30 Mandrax-tablette in sy besit gevind is. Die totale waarde van die dwelms volgens die Namibiese polisie is byna 94 000 Namibiese dollar.