Beleggingsraad praat oor uitdagings met EPL-stelsel
Die Namibië Beleggingsbevordering en -Ontwikkelingsraad het in vennootskap met die ministerie van myne en energie ‘n inligtingsessie oor eksplorasie-lisensies aangebied. Dit het lig gewerp op deurslaggewende uitdagings wat mynlisensiehouers in die mineraal-eksplorasiesektor in die gesig staar. Tydens die sessie het dit duidelik geword dat daar talle struikelblokke is as gevolg van beperkte befondsing en risiko’s verbonde aan mineraal-eksplorasie. Om hierdie uitdaging te bowe te kom, verg aansienlike hulpbronne en strategiese vennootskappe om die volle potensiaal van hul ondernemings te ontsluit. Die hoof-uitvoerende direkteur raad, Nangula Uaandja het ‘n beroep op die mynlisensie-houers gedoen om na hulle uit te reik sodat die moontlikheid van vennootskappe ondersoek kan word…