Calle: Namibiese vleis is van top-uitvoerkwaliteit

Die landbouminister Calle Schlettwein sê Namibië se doelwit is om toegang te verkry tot die vleismarkte wat reeds uitstekende kwaliteit beesvleis verskaf. Hy het vandag Farmers Meat Market op Mariental heropen. Schlettwein sê Namibië se lam-, skaap- en bokvleis is van ook van ewe hoë gehalte en behoort die beste pryse te kry met dié abattoir wat reeds voldoen aan alle vereistes om geregistreer te word as ‘n uitvoerfasiliteit. Die abattoir is deur Hartlief van die Ohlthaver en List-groep oorgeneem en staan nou amptelik bekend as Farmers Meat Namibia. Schlettwein het in sy toespraak bevestig hoe belangrik die landbousektor vir ekonomiese groei is.