Niger: Ecowas sê militêre aksie is laaste opsie
Wes-Afrika se streeksblok sê ‘n militêre ingryping in Niger wat deur die junta beheer word, is “die laaste uitweg”. Dit kom na Nigerië elektrisiteitstoevoer afgesny het om druk op die land se staatsgreepleiers te verskerp. Terwyl die voormalige koloniale mag Frankryk ‘n vyfde vliegtuig ingestuur het om sy burgers te ontruim, het generaal Abdourahamane Tiani, staatsgreepleier, volgehou dat hulle geen rede het om die land te verlaat nie. Wes-Afrikaanse militêre hoofde het in Nigerië se hoofstad Abuja vergader om ‘n reaksie te formuleer terwyl ‘n afvaardiging in Niger was vir onderhandelinge, ‘n week ná die staatsgreep wat die land geruk het. Leiers Ecowas het reeds Sondag handels- en finansiële sanksies ingestel, en die staatsgreepleiers ‘n week gegee het om Niger se demokraties verkose president se mag te herstel of die moontlike gebruik van geweld in die gesig te staar.