Trudeau en sy vrou skei
Die Kanadese premier, Justin Trudeau, en sy vrou, Sophie Gregoire, het aangekondig dat hulle uitmekaar gaan ná 18 jaar van getroude lewe. Die egpaar sê dat hulle die besluit geneem het ná baie betekenisvolle en moeilike gesprekke, en hulle versoek privaatheid. ’n Verklaring van die premier se kantoor sê die egpaar het ’n wettige skeidingsooreenkoms onderteken. Trudeau, 51, is in 2015 ingesweer. Gregoire Trudeau is ‘n voormalige model en TV-gasheer. Die egpaar is in Mei 2005 getroud en het drie kinders, onderskeidelik 15, 14 en 9 jaar oud.