Trump verskyn vandag, Pence lewer hewige kritiek teenoor sy voormalige baas
Die voormalige Amerikaanse President Donald Trump is gedagvaar om vandag voor ‘n federale landdros in Washington te verskyn. Hy is daarvan aangekla dat hy beplan het om die 2020-verkiesingsuitslag om te keer. Die klagstaat sluit vier aanklagte in – sameswering om die VSA te bedrieg, sameswering om ‘n amptelike proses te belemmer, obstruksie van ‘n amptelike proses, en sameswering teen die regte van burgers. Intussen het sy voormalige adjunk en nou moontlike presidensiële kandidaat Mike Pence gesê Trump wou gehad het hy wat Pence is moes hom en nie die Grondwet ondersteun nie. Trump beweer ook Pence het die mag gehad om die uitslag van die verkiesing te verwerp maar Pence, en talle ander regskommentators sê die aanname is verkeerd. Pence het met die media gepraat.