Namibiese inheemse plante toenemend geplunder
Renosterstropery is ‘n groot uitdaging in Namibië, maar nou is plante die natuurlike hulpbron wat al hoe meer geplunder word. Die omgewingsministerie het sy kommer uitgespreek oor die toename in sake, arrestasies, skuldigbevindings en beslagleggings wat met die stropery van inheemse plante in Namibië verband hou. Beslagleggings op endemiese fauna was beduidend, met 22 verdagtes wat verlede jaar in hegtenis geneem is. Plante word onwettig gestroop en in groot volumes na die buiteland gesmokkel en onwettig verhandel, veral dié van skaars spesies. Muyunda het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…