Vlugte met Europese burgers uit Niger kom in Frankryk en Italië aan
Vlugte wat Europese burgers uit Niger na veiligheid neem, het in Frankryk en Italië aangekom. Frankryk het sy burgers uit Niger begin verwyder na verlede week se militêre staatsgreep. Die Franse ambassade is onder meer deur betogers aangeval. Niger is ‘n voormalige kolonie van Frankryk. ‘n Vliegtuig met meer as 260 mense het vandag in Parys aangekom, terwyl ‘n vliegtuig met 87 burgers van Italië, Amerika en Brittanje in Rome aangekom het. Spanje beplan volgens berigte ook ‘n vlug om sy burgers na veiligheid te neem. Niger was voor die staatsgreep ‘n belangrike Westerse bondgenoot in die stryd teen ekstremiste-groepe in die Sahel-streek, en beide Frankryk en die VSA het militêre basisse in Niger. Frankryk het aangedui dat daar geen planne is om sowat duisend Franse soldate uit Niger te repatrieer nie.