Slegs nuwe ID’s geldig as reisdokumente tussen Nam, Botswana

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het beklemtoon dat slegs nuwe Namibiese identiteitsdokumente wat in Oktober verlede jaar uitgereik is, as reisdokumente na Botswana gebruik kan word. Die twee regerings het vandag aangekondig dat identiteitsdokumente as reisdokumente tussen Botswana en Namibië vanaf vandag geldig is by nóg drie grensposte, naamlik Ngoma, Kasane en Impalila-eiland in die Zambezi-streek en Mohembo naby Divundu in die Kavango-Oos-streek. Vanaf 24 Februarie kon burgers van Namibië en Botswana hul identiteitsdokumente reeds by die Mamuno-Trans-Kalahari-grenspos gebruik. Margaret Kalo, die ministerie se woordvoerder het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en Namibiërs aangemoedig om vir nuwe identiteitsdokumente aansoek te doen.