Bheki sê onwettige mynwerkers vasgevat
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê gespesialiseerde eenhede word in Riverlea, in die suide van Johannesburg, ontplooi om wet en orde in die gebied te herstel. Cele het ‘n hoëvlak-afvaardiging van senior polisiebeamptes na die gebied gelei, na die moord op vyf onwettige mynwerkers. Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die gespesialiseerde eenhede word ingestuur om te verseker dat die polisie onwettige mynwerkers vasvat en hul bedrywighede stopsit.