SA is Namibië se top-uitvoer- en invoerland

In Junie was Namibië se top-vyf uitvoermarkte verantwoordelik vir 63,6 persent van die totale uitvoer, volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se handelsbulletin. Suid-Afrika het die eerste posisie ingeneem as Namibië se belangrikste uitvoer-bestemming wat verantwoordelik is vir 20,5 persent van uitvoere, Botswana het tweede gekom met 18,3 persent en Zambië derde met 9,6 persent. China en die Verenigde Arabiese Emirate is onderskeidelik vierde en vyfde. In die Die top-vyf invoermarkte is Suid-Afrika in die eerste posisie met ‘n aandeel van 46,4 persent. In die tweede plek was China met 11,7 persent gevolg deur Maleisië in die derde plek met 4,9 persent van invoere. Amerika en Italië beklee die onderskeie vierde en vyfde posisies.