Minister van verdediging na staatshuis ontbied oor sy Hong Kong rekening

Die Namibiese Minister van Verdediging,Peter Vilho, vergader waarskynlik môre met president Hage Geingob by staatshuis oor die bewerings oor sy beleggingsrekening in Hong Kong.Dit volg na berigte dat die Aanklaer-Generaal Martha Imalwa bevestig het dat daar ‘n ondersoek gelas is oor die rekening wat deur Vilho besit word. Vilho het glo nie sy belegging in Hongkong, by sy bate-verklaring by die Nasionale Vergadering ingesluit nie. Hy het net ‘n mahangu-land, twee huise, ‘n plot en 10 persent aandeel in Aussenkehr Energie verklaar.