BoN se buitelandse reserwes vertoon goed

Die Bank van Namibië se voorraad internasionale reserwes het in Junie tot 52,9 miljard Namibiese dollar toegeneem, vergeleke met die 49,6 miljard dollar aan die einde van Mei. Die bank skryf die toename toe aan diamantverkope-opbrengste, plasings van kliënte se buitelandse valuta, sowel as netto handelsbank-invloei as gevolg van ‘n invloei van portefeulje-beleggings. Kosmos 94.1 Nuus het met Arney Tjaronda, ekonomiese ontleder by High Economic Intelligence Investment, gesels, wat sê hierdie syfers dui op positiewe bewegings vir die ekonomie.