SA se jeug aangemoedig om te registreer en te stem in komende verkiesings

‘n Nasionale netwerk van jeugleiers, ACTIVATE! Change Drivers in Suid-Afrika, mobiliseer jongmense om te registreer en te stem in volgende jaar se algemene verkiesing. Die kommunikasiebestuurder, Zamayirha Peter, sê ondanks ‘n jeugbevolking van meer as 60 persent, is daar min jongmense wat stem. Peter sê politieke partye het nie leiers wat hul beywer om aandag te gee aan jongmense se behoeftes nie: