Suid-Afrikaners moet mislukte polisiestasies aanmeld

ActionSA sê polisiekantore in die buurland moet plekke van veiligheid en geregtigheid vir alle burgers wees, maar die werklikheid is dat misdadigers in die land kan doen wat hulle wil sonder enige gevolge. Die party doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om hulle ervarings van mislukte polisiestasies te deel. Dit sal ingesluit word in ‘n memorandum van eise aan die minister van polisie, Bheki Cele. Lerato Ngobeni van ActionSA sê talle gemeenskappe leef saam met die wete dat misdadigers, bendes en dwelmhandelaars beskerm word: