Regter gooi Trump se CNN-saak uit
’n Federale regter het Donald Trump se lastergeding van 475 miljoen Amerikaanse dollar teen CNN, waarin die voormalige president beweer dat die netwerk se beskrywing van sy verkiesingsbedrog as die “groot leuen” hom met Adolf Hitler verbind het, van die hand gewys. Regter Raag Singhal, wat in 2019 deur Trump genomineer is, sê CNN se woorde is mening, nie feite nie, en kan dus nie die onderwerp van ‘n lastereis wees nie. Hy het wel gesê die kommentaar is aanstootlik en in ‘n verklaring het Trump se regslui gesê CNN sal wel verantwoordelik gehou word vir die aanmerkings. Die verklaring het nie gesê of Trump teen die besluit sal appelleer nie.